bhutta_1

08 Mar 2017

Mieliepryse: 1 Maart tot 7 Maart 2017

Op 1 Maart, die dag ná die oesskatting, het wit mielies tot ‘n kontrak-laagtepunt van R1817 per ton gedaal voordat dit op R1905 gesluit het.

BVG-tabel-7-maartWisselkoers:
Die wisselkoers het in die week van 1 tot 7 Maart met 10 sent teenoor die VSA dollar versterk. Die verwagting vir die volgende week is sywaarts.

Amerikaanse mielieprys:
Die VSA mielieprys vir Julie 2017 soos wat dit op die CME beurs verhandel het met een Amerikaanse sent per skepel gestyg. Gedurende die week was dit heelwat hoër, veral ná ʼn toespraak deur pres. Donald Trump oor moontlike veranderings in die manier waarop die hoeveelheid etanol wat in ander brandstof gebruik word, bereken gaan word. Pryse behoort van nou af eerder te styg, met die Amerikaanse planttyd wat om die draai is.

Wit en geel mielies:
Julie 2017 JSE wit mielies het vir die week onder bespreking met R3 per ton gestyg, met geel mielies wat ‘n daling van R13 per ton gehad het. Die beweging vir die week was sywaarts, maar veral in die geval van wit mielies het intra dag-pryse heelwat gewissel. Op 1 Maart, die dag ná die oesskatting, het wit tot ‘n kontrak laagtepunt van R1817 per ton gedaal voordat dit op R1905 gesluit het.

Hoewel berekenings tussen markdeelnemers wissel, lyk dit tog asof beide wit- en geelmieliepryse nou by of onder uitvoerpariteitsvlakke is. As pryse in die volgende weke tot heelwat onder uitvoerpariteit sal daal, behoort dit nie vir lang tydperke te wees nie.

‘n Grafiek van Julie 2017 mielies se beweging vir die afgelope week kan hieronder gesien word.

* Johann Strauss is ʼn ontleder by BVG Securities.